Die Kerklike Advieskomitee wat namens alle kerke wat die Afrikaanse Bybel gebruik die Bybelgenootskap van Suid-Afrika adviseer oor sake wat die Bybel in Afrikaans raak, het die Bybelgenootskap in 2004 versoek om 'n nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans voor te berei. Dit het gebeur na jare van deeglike akademiese en marknavorsing, proefvertalings en omvattende bespreking.

Die Bybelgenootskap het dus nie die inisiatief geneem vir 'n nuwe vertaling nie, maar wel die kerke wat die Afrikaanse Bybel gebruik. Hierdie versoek is deur die Nasionale Raad van die Bybelgenootskap in Februarie 2005 goedgekeur. Daar is beklemtoon dat die vertaalproses so inklusief moontlik moet wees ten opsigte van die kerke wat die versoek gerig het en dat die nuwe vertaling bedoel is vir gebruik deur kerke en gelowiges. 'n Groot aantal kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, het hulle dan ook amptelik ten gunste van die beplande vertaling uitgespreek en onderneem om hulle ondersteuning daaraan te gee.

Daar is in 2006 met die projek begin en dit kan van 9 tot 12 jaar duur om te voltooi.

JSN Solid is designed by JoomlaShine.com