'n "Direkte" vertaling is 'n tegniese term wat ontleen is aan die begrip "direkte rede". Wanneer 'n spreker se woorde "direk" aangehaal word, impliseer dit die spreker se presiese woorde.

'n Direkte vertaling streef daarna om die bronteks van die Bybel op so 'n manier te vertaal asof die Hebreeuse, Aramese of Griekse spreker/skrywer se woorde "direk" aangehaal word, maar dan asof gewone idiomatiese en hedendaagse Afrikaans gepraat/geskryf word.

So 'n "direkte" vertaling staan teenoor 'n "indirekte" vertaling wat geen aanspraak daarop maak dat die presiese woorde van 'n spreker/skrywer aangehaal word nie.

Dit beteken nie dat vorige vertalings nie ook getrou aan die bronteks wou wees nie, maar die huidige vertaling streef daarna om alles wat kenmerkend is van die bronteks (styl, register, struktuur, metafore) in goeie Afrikaans weer te gee.

JSN Solid is designed by JoomlaShine.com